
Een baan was teen net voor 08:00 vanoggend oopgestel vir verkeer na ‘n ernstige kop-aan-kop botsing op die N1 naby Verkeerdevlei. Die botsing waarin drie mans gesterf het, was net voor 05:00 vanoggend.
Nog twee mans is ernstig beseer en twee minder ernstig.
Nooddienste het die pasiënte na die Pelonomi Trauma-eenheid en die Winburgse hospitaal vervoer, het Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



