Local newsNews

As jy hier kom verniel gaan jy duur betaal

Oor die jare het graffiti-vandale gereeld hier by die hangbrug skade aangerig en word inwoners gevra om sou jy ooggetuie wees van die vernielsug, dit onmiddellik by die polisie te rapporteer.

Vandale wat hul hande nie kan afhou van Parys se bekende en geskiedkundige staalbrug oor die Vaalrivier nie, kan hulself ‘n stewige boete op die hals haal as jy gevang sou word. So waarsku die dorp se inwoners nadat daar die afgelope week weer graffiti op die brug geverf is met selfs mense wat probeer om hier besighede te adverteer met hul graffiti.

Die brug is ‘n nasionale gedenkwaardigheid en is dit daarom ‘n oortreding om skade aan diĂ© brug aan te rig.

Vandale het die afgelope week weer graffiti op die brug geverf.

Menige besoekers aan Parys sal kan vertel dat ‘n besoek aan die bekende brug beslis die moeite werd is nadat ‘n handjievol inwoners en sakelui  in 2023 uit eie sak derduisende spandeer het om dié  juweel van Parys netjies te verf, die gehawende draad weerskante van die loopvlak van die brug te vervang, die rivieroewer skoon te maak, skade te herstel aan die oewerwal, te plavei om die brug, en selfs die straatname op die sypaadjies in die omgewing van die hangbrug, netjies oor te doen.

Daar is ‘n  fotoraam gemaak spesiaal vir toeriste om ‘n foto met die brug in die agtergrond te kan neem, asook ‘n alternatief waar mense soos die gebruik vir jare was, ‘n slot kan hang by die MĂŒr de Souveniers om ‘n besoek aan diĂ© brug ekstra spesiaal te maak.

Steeds word hier week na week skoongemaak en instand gehou uit eie sak.

Juis daarom is dit die dorp se trots en sĂȘ inwoners diĂ© vernielsug sal nie geduld word nie.

Ongelooflike werk wat hier deur inwoners gedoen is om die brug en omgewing te verfraai.

So het die brug voorheen gelyk voordat inwoners self op eie koste ingespring het om herstelwerk te doen en die brug en omgewing weer netjies te kry. Juis daarom sal vandale vasgevat word, sĂȘ inwoners.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button