Local newsNews

Parys se rolbaldames goud werd op die rolbalbaan

Die talent van Parys-rolbalklub se spelers is weer raakgesien.

Parys-rolbalklub se dames het weer gewys dat hulle kampioene op die baan is. Die dames Premierliga-span wat vroeër vanjaar met goud weggestap het by die Noordwes-kompetisie, is weer met goud beloon by die Sentrale Distrikte Quadrangular, waar hulle Noordwes verteenwoordig het.

Goue medaljewenners van die Noordkaap, Suid-Vrystaat, Noord-Vrystaat en Noordwes het vir die Quadrangular mekaar die stryd aangesê op Kimberley se rolbalbane.

Zeerust wen die dames enkels. Die Potchefstromers wen die ope pare, en Klerksdorp het die wenplek in die mans pare gevat.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button