Local newsNews

Nou hoe nou met die lyne?

Die kruising skep verwarring by motoriste

Parysenaars was verlede week verstom om skielik padmerke by die kruising van Delver- en Schilbachstraat te sien wat die indruk skep dat dit nou ‘n vierrigtingstop is. Daar is egter steeds net die twee stoptekens in Delverstraat soos wat motoriste dit vir jare ken.

By een van die Delverstraat-stoptekens is die padmerke netjies oorgeverf, maar by die ander bestaande stopteken is steeds geen padmerke nie.

By die bestaande twee stoptekens in Delverstraat, is net die padmerke by een van die tekens oorgeverf terwyl daar geen padmerke by hierdie stopteken is nie.
By die nuwe padmerke in Schilbachstraat is geen stoptekens aangebring nie.

Die kruising skep baie verwarring by motoriste.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button