Dié organisasies kan nou aansoek doen vir korting
Skriftelike aansoeke moet tussen 1 Julie en 31 Augustus by die munisipaliteit ingedien word om in aanmerking te kom vir kortings vir die finansiële jaar wat op 1 Julie begin het, sê hy.

Instansies soos uuetehuise, welsyns-, kulturele-, sport- en ander nie-winsgewendeorganisasies is volgens munisipale belastingwette verplig is om erfbelasting te betaal, maar kan wel aansoek doen vir korting So sê Vryheidsfront rdl. Jan Meyer.
Skriftelike aansoeke moet tussen 1 Julie en 31 Augustus by die munisipaliteit ingedien word om in aanmerking te kom vir kortings vir die finansiële jaar wat op 1 Julie begin het, sê hy.
Aansoekvorms is by munisipale kantore beskikbaar. Applikante moet verkieslik hul aansoeke in duplikaat voorberei, en ‘n afskrif deur die munisipaliteit laat stempel wanneer dit ingedien word as bewys van ontvangs daarvan.
Applikante moet ‘n sertifikaat van die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens (SAID) hê wat bevestig dat die instansie by die SAID geregistreer is vir vrystelling van betaling van inkomstebelasting voordat die instansie vir korting op erfbelasting sal kwalifiseer. ‘n Afskrif van die belastingvrystellingsertifikaat moet by die aansoek aangeheg word.
Aansoekvorms kan ook by rdl. Meyer gekry word. Hy kan gekontak word by 083 778 8218.
Kortings word bereken en toegeken op grond van die meriete van elke aansoek en geen standaard korting is van toepassing nie.



