Local newsNews

Kommer oor honde vergiftiging op plase

Die beste raad is om die dier onmiddellik by jou naaste veearts te kry sou jy vermoed die dier het gif ingekry.

Veeartse in Parys het die afgelope week gewaarsku dat ‘n skerp toename in honde vergiftiging veral op plase langs die Parys/Fochvillepad, die Kopjeskraal-omgewing, Weiveld-distrik, langs die R59 en naby Fochville gesien is. Dit is onseker watter gifmiddel gebruik is omdat die honde nie dieselfde simptome gehad het as wat gewoonlik met Temek (Two Step) vergiftiging gesien word nie Ongelukkig is die koste om te toets vir spesifieke toksines ook geweldig hoog.

In die afgelope drie weke is 14 honde wat gif ingekry het, dood, en nog vier is behandel en kon hetstel.
Dit is egter net die gevalle wat by Parys Dierehospitaal aangemeld is. Daar is nie by een van die gevalle bekend, ingebreek nie, en ook geen spoor gekry van die gifmiddel, wat gebruik is nie Die honde het in bykans al die gevalle, met die uitsondering van een waar polonie met Temek gekry is, ‘n lang lyding gehad.
Simptome van vergiftiging wissel na gelang van watter gifstof ‘n dier sou inkry, maar kan insluit diarree, braking, skielike swakheid, of selfs rukkings.

Die beste raad is om die dier onmiddellik by jou naaste veearts te kry sou jy vermoed die dier het gif ingekry.

Jy kan geaktiveerde steenkool wat by apteke beskikbaar is as voorsorgmaatreƫl in geval van nood vir jou troeteldiere in die huis hou.

 

Die geaktiveerde steenkool help om die gif te absorbeer, en dan uit te skei. Dit help ook om opname van die gif in die dier se lyf te verminder, maar dit is steeds belangrik om dadelik professionele hulp te kry.

Hou diƩ kontaknommers byderhand:
Parys Dierehospitaal – Tel. (056) 811 2114Parys Dierekliniek – (056) 811 3313

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button