Local newsNews

Die tyd vir Aardklop is naby

Talle Parysenaars sal ook weer vanjaar 'n draai by dié fees maak.

Potchefstroom se immergewilde  Aardklop Nasionale Kunstefees is om die draai en mense ver en wyd
sien uit om dié fees by te woon. Die fees is vanjaar van 24 tot 29 September in Potchefstroom.

Die fees bestaan hoofsaaklik uit Afrikaanse teater, musiek, kabaret en visuele kunste. Die geleentheid trek jaarliks meer as 700 kunstenaars en nagnoeg 150 000 feesgangers.

 

Aardklop het in 1998 begin en hierdie jaar sal die 26ste jaar wees wat die fees in Potchefstroom
gevier word.

Bekendes soos Bobby van Jaarsveld, Early B, Elvis Blue en Refentse sal by vanjaar se fees optree.
Daar sal ook vele stalletjies, heerlike kos, bier- en wynfeeste, asook springkastele en kindervermaak
wees.

Cobus Van Wyk, ‘n kunstenaar en inwoner van Parys, sê hy was net voor Covid laas by die Aardklop
gewees, maar gaan hierdie jaar sy kuns uitstal. “Die fees is regtig baie lekker. Die atmosfeer is wonderlik, die mense is vriendelik en die student is stout. Dit is wat hierdie fees so uniek maak.”

Cobus en sy handewerk. Foto: Tania Coetzee

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button