Local newsSport

Unie-plek vir UJDUR-hokke

UJDUR-hokke het Legends Duiweklub se naam hoog gehou met 'n welverdiende wenplek in die Vaal Posduif Unie vir die Colesberg Jaaroud-vlug.

Duiwe van die plaaslike Legends-duiweklub het die naweek vanaf Colesberg gevlieg.
Die Colesberg 1 Jaaroud-vlug is gewen deur UJDUR-hokke met Maree-hokke se duiwe kort op hul hakke.

Die wedvlugposisies het so gelyk:
UJDUR-hokke – 1ste, 2de, 12de, 22ste, 24ste
Maree-hokke – 3de, 4de, 7de, 9de, 11de, 18de, 26ste
Sys van Rooyen-hokke – 5de, 6de, 10de, 16de, 20ste, 25ste, 29ste en 30ste
MJ Lofts – 8ste, 19de, 27ste
Nollie Meintjies – 13de, 14de, 15de, 17de, 21ste, 23ste, 28ste

In die Colesberg 2 Ope-vlug vat Maree-hokke diƩ keer die wenposisie, en spog Sys van Rooyen-hokke weer met die meeste posisies. Die uitslae was as volg:
Maree-hokke – 1ste, 2de, 3de, 9de, 18de, 21ste, 23ste
MJ Lofts – 4de, 24ste
Sys van Rooyen-hokke – 5de, 10de, 11de, 12de, 14de, 15de, 16de, 26ste, 27ste, 29ste en 30ste
UJDUR-hokke – 6de, 7de, 22ste, 25ste
Nollie Meintjies – 8ste, 13de, 17de, 19de, 20ste
Stevens-hokke – 28ste

Maree-hokke het ook die eerste drie posisies in die naweek se Colesberg 1 Spes-vlug gevat asook die 5de, 7de, 8ste, 9de en 12de plekke. Nollie Meintjies se duiwe was 4de, 6de, 14de en 15de, en Sys van Rooyen-hokke 10de, 11de en 13de.

Baie geluk ook aan UJDUR-hokke met ‘n welverdiende wenplek in die Vaal Posduif Unie vir die Colesberg Jaaroud-vlug.

Related Articles

Back to top button