Local newsNews

Ingenieurswese is broers se passie

Beide Michael en Joshua was oudleerders van Hoërskool Parys en het aan die NWU se Potchefstroom-kampus studeer.

Michael en Joshua van Zyl is nie net broers nie, maar deel hul passie vir meganiese ingenieurswese. Beide is lede van die Golden Key International Honour Society. Lidmaatskap tot die vereniging kan slegs op uitnodiging gekry word, en erken uitnemende akademiese prestasie, leierskap en diens onder die bes presterende tweedejaarstudente en gegradueerdes aan kolleges en universiteite.

Michael het in 2017 aan die Hoërskool Parys gematrikuleer en begin aanvanklik met sy studie in BSC Wiskunde en Fisika. Na 2 jaar se studie skakel hy oor na meganiese ingenieurswese en word hy in sy vierde jaar genooi om lid te word van die Golden Key Society.

Sy passie is vir meganiese ontwerp, veral 3D-drukwerk. Michael werk tans by ETA Operations waar hy saam met die diensleweringspan ondersoeke en simulasies doen vir verskeie mynprojekte by Harmony Moab Khotsong.

Sy jonger broer, Joshua, matrikuleer in 2019 aan Hoërskool Parys waar hy ook as Dux-leerder aangewys is. Hy begin in 2020 sy studie in meganiese ingenieurswese aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroom.
Joshua is reeds in sy eerste jaar vereer as ‘n lid van die Golden Key Society en was die toppresteerder in Meganiese Ingenieurswese in sy 3de en 4de jaar.

Hy het sy graad voltooi met ‘n gemiddeld van 87% in sy finale jaar, en het ‘n kursusgemiddeld van 85% behaal. Hy is tans besig met sy meestersgraadstudie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button