Local newsNews

Ingenieursraad-medalje vir oud Parys-leerder

Skitterende prestasie vir die oudleerder van Primêre Skool Parys

Die Ingenieursraad van Suid-Afrika se meriete-medalje vir die beste gegradueerde student uit al die ingenieursfakulteite van die Noordwes Universiteit se Potchefstroon-kampus die afgelope vier jaar, is aan ‘n oudleerder van Parys oorhandig.

Pieter Terre’Blanche was die afgelope vier jaar ook die Pukke se beste student in Rekenaar- en Elektroniese Ingenieurswese, en het benewens die meriete-medalje van die Ingenieursraad, ook die Siemens akademiese toekenning ontvang as beste student in sy fakulteit wat die graad voltooi het.

Pieter is ‘n oudleerder van Primêre skool Parys, en die seun van Muller en Gisella Terre’Blanche. Hy is tans besig met sy meestersgraadstudie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button