Local newsNews

Pad herstel na skade toe tenkwa brand

Herstelwerk aan die pad is reeds Vrydag voltooi en is die pad oop vir verkeer.

Skade aan die R59 tussen Parys en Vredefort is reeds herstel na ‘n insident verlede Donderdag toe ‘n diesel tenkwa sowat 8,7km buite Parys aan die brand geslaan het . ‘n Wiel van die vragmotor wat vasgeslaan het, het waarskynlik die brand veroorsaak.

Die insident het net voor 06:00 die oggend gebeur, en was dié gedeelte van die R59 gesluit vir verkeer tot net voor 18:00 Donderdagmiddag.

Die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer in die Fezile Dabi Distrik onder leiding van Evodia Phalatfe (die departement se hoofingenieur), James Nkabinde (hoof paaie inspekteur ) en Tshidi Nakedi (die departement se paaie superintendent vir Ngwathe en Metsimaholo en sy span), het dadelik werk gemaak om die pad te herstel na kommer oor die veiligheid van motoriste weens die skade aan die pad.

Die skade aan die padoppervlak is reeds Vrydag herstel.

So het die skade aan die pad gelyk voordat dit herstel is

Die foto hierbo is verlede Donderdag op die R59 tussen Parys en Vredefort geneem waar die diesel tenkwa aan die brand geraak het. 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button