Suid-Afrika se 0.19 onderwaterhokkiespan het vanoggend gelykop gespeel teen die span van Australië by die wêreld onderwaterhokkie-kampioenskappe wat tans in Maleisië beslis word. Ewan Stoltz van Parys is deel van die span van elf wat hul land verteenwoordig.
Die span het nou reeds vier wedstryde by die wêreldkampioenskappe gespeel.
Die Suid-Afrikaners wen hul wedstryd teen Amerika, maar moes die knie buig voor hul teenstanders in die ander drie wedstryde.
As die Suid-Afrikaanse o.19-span daarin kan slaag om hul oorblywende drie wedstryde te wen, kan hulle steeds onder die top 4 spanne eindig vir die kwarteindrondtes en semi-finaal.
Die SA o.19-span se eerste wedstryd by die wêreldkampioenskappe was Saterdag teen Nieu-Seeland.
Suid-Afrika word by die kampioenskappe verteenwoordig deur ‘n mans en dames o.19 span asook ‘n mans en dames 0.24 span. By die o19’s is daar spanne van agt lande wat kragte meet. Die finale wedstryde word op 27 Julie gespeel.