Local newsNews

Moord op kerkman: Twee weer in Augustus voor die hof

Beide mans wat vir die moord aangekla is het 'n lang lys van vorige veroordelings

Blonde Motale en Piet Mbele, die twee mans van die Tumahole-woonbuurt wat vir
die moord op Kenny Browne (72) teregstaan, het verlede week vlugtig in die landdroshof in Parys verskyn. Die saak is uitgestel na 14 Augustus wanneer ‘n streekhofdatum na verwagting gegee sal word.

Kenny is deur sy moordenaars met ‘n plastieksak versmoor. Sy lyk is op 3 Maart deur ‘n gemeentelid van die Metodiste Kerk, Margie Frare, in sy huis in Fochstraat gekry.

Sy het na hom gaan soek omdat hy nie soos gewoonlik die Sondagoggend by die kerk was nie.
Kenny se selfoon en die selfoon van nog ‘n bejaarde vrou van Parys, wat in ‘n afsonderlike voorval in haar huis oorval en aangerand is, is in die mans se besit gevind.

Die polisie het ook beslag gelê op Kenny se skootrekenaar, sy gasbottel en ander elektroniese ware wat oënskynlik deur die mans verkoop is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button