Local newsNews

Doringhoutvure brand hoog vir ‘Kadoefie’ trooskos

Vlytige Vredeforters wys hoe hartskos uit toeka se dae gemaak is

Hemel op die platteland. DĆ­t is wat jy sal ervaar by die Kos- en Kuiermark Saterdag, 3 Augustus, vanaf

09:00 by die Vredefort Klipkerk Gemeente. Van beesstert tot kerrie-afval, pap en kaiings, lamsbredie, snoek en patats, gebakte skaapkop, braaivleis, gebraaide gevlekte hoenders (flatties) en skaapstertjies – dit alles sal jy in die Boskombuis kry waar doringhoutvure hoog gaan brand.

Kom wys jou kinders hoe daar vroeĆ«r jare kos gemaak is wanneer jy die vlytige Vredeforters kan dophou waar hulle kos maak in ‘Black Harry’ en ‘Kadoefie’. Regte trooskos en hartskos soos ds. Haggard daarna verwys.

By die Kontreimark kan jy jou verlustig aan ā€˜n verskedenheid eetgoed, pragtige handgemaakte items (van boerseep en die fynste hekelwerk tot kolwyntjies).

MarlĆ©ne BrĆ¼ssow bied elke jaar die Kontreimark aan en mense stroom behoorlik na diĆ© pragtige stalletjie. Bring ā€˜n lekker groot mandjie en leĆ« houers saam sodat jy kan koop om huis toe te vat, want gā€™n mens kan al hierdie lekkernye in een oggend verorber nie! Jy kan kies en keur uit die spoggebak van Vredefort se baasbaksters: Pasteie, koeke, beskuit en koeksisters, om maar net ā€˜n paar op te noem.

Die Plaaswinkel beloof om baie besig te wees, want die spesiale aanbiedinge opĀ  plaasvleis, kan niemand weerstaan nie! Vleis is slegs by die basaar beskikbaar en kan nie vooraf bestel word nie.

Kadoefie gaan onder meer ingespan word om te wys hoe trooskos en hartskos vroeƫr jare gemaak is.

Die Plaaswinkel bied vanjaar ook die gewilde ā€œWit olifantā€ tafel aan, waar jy altyd iets vind wat jy jare lank al soek, teen ā€˜n appel en ā€˜n ei.

Natuurlik sal al die tradisionele gunstelinge ook te koop wees: pannekoek, kerrie en rys, hamburgers, boeries en die kersie op die koek – basaarpoeding!

Jou kinders kan baljaar by die Kinderkraal waar ā€˜n verskeidenheid speletjies aangebied gaan word. Hulle kan ook ā€œvisvangā€, teikenskiet en hulle moeg spring op die springkastele.

Manie Jackson gaan sorg vir ā€˜n feestelike atmosfeer wanneer hy van 11:00 af al sy goue treffers gaan sing.

Bring jou gesin en geniet ā€™n heerlike kuierdag oorlaai met lekkernye en gasvryheid uit die Vredefort-kontrei.

Related Articles

Back to top button