Local newsSport

Parys-rugbyspanne speel in kwartfinaal vir Noordvaal-trofee

Hoërskool Parys se o15, o16 en eerste rugbyspanne speel Saterdag, 27 Julie in die kwartfinaal vir die Noordvaal-trofee teen die wenners van die Pumas. Hoewel aldrie Parys se spanne verlede naweek in Benoni die knie moes buig voor Hoërskool Elspark in die finaal van die Valke afdeling 4-liga, het die skool ‘n uitsonderlike prestasie behaal …

Hoërskool Parys se o15, o16 en eerste rugbyspanne speel Saterdag, 27 Julie in die kwartfinaal vir die Noordvaal-trofee teen die wenners van die Pumas.

Hoewel aldrie Parys se spanne verlede naweek in Benoni die knie moes buig voor Hoërskool Elspark in die finaal van die Valke afdeling 4-liga, het die skool ‘n uitsonderlike prestasie behaal die seisoen met vier van sy spanne wat tot by die finaal gevorder het.

Foto: Hilda Fouche

Die skool se tweede span het vroeër vanjaar reeds as ligawenners uit die stryd getree na hul wedstryd teen Hoërskool Belvedere.

Verlede naweek se wedstrydtellings was:
o15 – 17-24
o16 – 17-17
Eerste span – 14-21

Al het Parys se o16’s gelykop gespeel, het Hoërskool Elspark die eerste drie gedruk, en is daarom as ligawenners gekroon. Parys se o15’s word afgerig deur Johan Ströh, die o16’s deur Wiehan Viljoen, die tweede span deur Paul Grimbeek en  die eerste span deur Roan de Milander.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button