Local newsSport

Alle oë op SA o.19 onderwaterhokkie-span vandag

Groot eer vir Parys-seun as nr. 8 vir SA 0.19-onderwaterhokkiespan

Ewan Stoltz van Parys en sy spanmaats van die SA o.19 onderwaterhokkie span speel vandag hul eerste wedstryd teen Nieu-Seeland in Kuala Lumpur by die wêreld onderwaterhokkie-kampioenskappe. Daar is groot verwagtinge vir dié SA-span, en is die hoop op ‘n goue medalje.

Die afgelope jaar se harde het vrugte afgewerp vir die jong Parysenaar nadat hy uit die room van die land se spelers  gekies is as een van net 11 Suid-Afrikaners in die 0.19 SA onderwaterhokkie-span.

Ewan Stoltz

Suid-Afrika het ‘n mans en dames o.19 span asook ‘n mans en dames o.24 span wat die land by die kampioenskappe sal verteenwoordig.

Die foto van Ewan en sy o.19 SA-spanmaats is vanoggend geneem voor hul wedstryd teen Nieu-Seeland,

Die vier spanne het verlede week na Maleisië vertrek en het op Maandag 15 Julie in Kuala Lumpur aangekom vir die voor-wedstryde. Die openingseremonie is Vrydag gehou.

‘n Prettige spanfoto wat vroeër die week geneem is.

Uitdunwedstryde sal tot Woensdag gespeel word met die finale wedstryde wat op 27 Julie gespeel sal word

By die o.19’s sal spanne van agt lande kragte meet.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button