Local news

Parys leerders onder bestes in VS vir Afrikaans Olimpiade

Parys spog met agt uit die tien topposisies in die Vrystaat na afloop van vanjaar se ATKV Nasionale Afrikaanse Olimpiade. 'n Groot prestasie vir Hoërskool Parys

Hoërskool Parys spog vanjaar met nie minder nie as agt van sy leerders wat onder die top tien in die Vrystaat is na afloop van die Nasionale ATKV Afrikaans Olimpiade.

Die skool se leerders het geskitter met die volgende posisies wat provinsiaal en nasionaal behaal is:
Jadon Smit (eerste in die Vrystaat en vyfde nasionaal), Hilke Scheepers (derde in die Vrystaat en tiende nasionaal), Yaoundé Litchfield en Ananje Steenkamp (gesamentlik vierde in die Vrystaat en 13de nasionaal), Kyla Jardim (vyfde in die Vrystaat en 15de nasionaal), Charné Nel (sesde in die Vrystaat en 17de nasionaal), Reinhard van der Hoven (sewende in die Vrystaat en 18de nasionaal) en Ingemar Fouché (tiende).

Van links (agter) is Ananje Steenkamp, Ingemar Fouché, Reinhard van der Hoven, Jadon Smit en Hilke Scheepers. Van links (voor) is Kyla Jardim, Charné Nel en Yaoundé Litchfield.

Related Articles

Back to top button