Local newsNews

67 Minute se omgee – want om te gee is soveel meer as om te ontvang

Deel gerus ook met ons lesers projekte waarmee jou organisasie, besigheid of jy as individu uitgereik het na ander in Parys op Madiba Dag.

Die gemeenskap van Parys het vandag vir Madiba Dag op vele maniere uitgereik na ander om ook op dié manier hul omgee te wys.

Daar is onder meer skoongemaak by die Thabang-kliniek, uitgereik na die Gleniffer Huis, die Mokwallo Disability Centre en pasiënte by die Parys-hospitaal.

Personeel van die Najaarsrus Tuiste vir Bejaardes het vroeg-vroeg verbygangers verras met sop en brood vir hulle wat vroegoggend in die strate was.

Personeel van Najaarsrus wat verbygangers vroegoggend met ‘n koppie sop en brood verras het

Warm harte in dié winterkoue wat gewys het dat dit soveel meer beteken om te gee as om te ontvang, want die gemeenskap van Parys is bekend vir sy omgee-mense.

Gazette sal in die komende uitgawe foto’s van hierdie en ander projekte plaas waarmee die gemeenskap van Parys uitgereik het op Madiba Dag

Related Articles

Back to top button