Local newsNews

So word Vrystaatse erfenisskatte vernietig

Die toestand van erfenisbewaring in Suid-Afrika is ’n deurlopende probleem sê Jan-Danie Malan, die FAK se kultuurkoördineerder in die Vrystaat,

Gedurende Junie is beelde deur die bekende beeldhouer, Danie de Jager op Hertzog-plein
in Bloemfontein deur vandale beskadig. Dit is egter net ‘n druppel in die emmer van die beskadiging van erfenisskatte in die Vrystaat, sê die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK).

Die organisasie sê die toestand van erfenisbewaring in Suid-Afrika is ’n deurlopende probleem.
Jan-Danie Malan, die FAK se kultuurkoördineerder in die Vrystaat, sê hierdie kriminele optrede is kommerwekkend, verál omdat die wettige prosedure om die skade te herstel dit bykans onmoontlik maak om die agteruitgang te keer.

“Hoewel daar erfeniswette in plek is, maak dié wette dit moeilik vir individue of gemeenskappe om uit hul eie in te gryp. Daarom is dit belangrik dat gemeenskappe moet uitreik na die FAK vir die nodige hulp en bystand,” het Malan verduidelik.

“Daar is reeds verskeie klagtes by die Bloemfonteinse polisie ingedien en die FAK monitor die situasie en lewer bystand waar ons kan,” sê Malan

Malan het oor die afgelope jaar reeds verskeie knelpunte in die Vrystaat geïdentifiseer en die FAK-kultuurnetwerke is reeds besig om hiér in te gryp.

Jan-Danie Malan, die FAK se kultuurkoördineerder in die Vrystaat, sê hierdie kriminele optrede is kommerwekkend, verál omdat die wettige prosedure om die skade te herstel dit bykans onmoontlik maak om die agteruitgang te keer.

“Meer onlangs is die Afrikaner-armoede-beeld in Bloemfontein beskadig, die Vereeniging-swembad is in ’n haglike toestand en die konsentrasiekamp in Vereeniging gaan agteruit.

Daar is groot probleme in Sannaspos, die Wêreldoorloë-gedenkplate op Hoffman is gesteel, die letters van die President Brand beeld is gesteel, Memoriam-konsentrasiekampkerkhof is aan die agteruitgaan, om maar net ’n paar te noem. Die ou presidensie in Bloemfontein was ook in ’n toestand voor die FAK en die gemeenskap ingegryp het,” sê Malan.

Die Wêreldoorloë gedenkplate op Hoffman is gesteel.

“Die FAK se kultuurnetwerke in die Vrystaat werk elke dag hard om hierdie agteruitgang en vernietiging teen te werk, en daarom wil ons oud en jonk aanmoedig om met ons hande te vat en te sorg dat hierdie erfenis beskerm word,” sluit Malan af.

Die verwaarloosde toestand by die presidensie in Bloemfontein voordat die FAK ingegryp het
Agteruitgang by die Vereeniging swembad is hier duidelik

Vir meer inligting oor die FAK-kultuurnetwerke in die Vrystaat, kan Jan-Danie Malan gekontak word by jandanie@kultuurtuiste.org.za

Related Articles

Back to top button