Ladingsvermindering nodig om netwerk te beskerm, sê Eskom

Die kragvoorsiener sê oorlading van die kragnetwerk word veral in die Limpopo, Wes-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu Natal en Noordwes provinsies gesien. waar 94% van al die oorlaaide transformeerders is.

Al kon Eskom daarin slaag om beurtkrag vir 104 agtereenvolgende dae op te skort, sal voortgegaan word met ladingsvermindering om die kragnetwerk teen oorlading te beskerm.

Die kragvoorsiener sê oorlading van die kragnetwerk word veral in die Limpopo, Wes-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu Natal en Noordwes provinsies gesien. waar 94% van al die oorlaaide transformeerders is.

Eskom se groephoof van verspreiding, Monde Bala, sê die oorlading gebeur as gevolg van onwettige elektrisiteitskoppeling en onoordeelkundig kragverbruik. Bala sê ten spyte van vele waarskuwings en bewusmakingsveldtogte oor die implikasie van onwettige koppelings, word daar nie hierop ag geslaan nie, en het Eskom geen ander keuse as om ladingsvermindering in te stel om sy kragnetwerk te beskerm teen herhalde foute en ontploffings wat mense lewens in gevaar kan stel.

Bala voeg by dat ladingsvermindering ‘n heel laaste uitweg vir die kragvoorsiener is, en vir die kortste moontlike periodes toegepas word nadat alle ander opsies onsuksesvol was.

Bala voeg ook by dat skade aan ‘n trnaformeerder weens oorlading ‘n gebied sonder krag kan laat vir tot ses maande, en dat beskerming van Eskom infrastruktuur in die beste belang van alle Suid-Afrikaners is.

Defstal van krag sluit nie net onwettige koppelings in nie, maar ook die diefstal van netwerk toerusting, vandalisme, brug van en peuter met elektrisiteitsmeters en die aankoop van voorafbetaalde elektrisiteit by ongemagtigde verskaffers

In sy verklaring veruidelik die kragvoorsiener dat ladingsvermindering geen nuwe praktyk is nie, maar iets wat Eskom lank reeds in spesifieke gebiede instel waar voldoende krag beskikbaar is, maar skade aan die transformeerder waarskynlik is weens oorlading. Daarenteen word beurtkrag toegepas as die nasionale netwerk onder druk is en daar nie voldoende kapasiteit is om genoeg elektrisiteit vir die vraag te kan lewer nie. Dit is ‘n pro-aktiewe maatreël wat Eskom gebruik om mense se lewens, miljoene rand se toerusting en mense se lewensbestaan te beskerm, sê die kragvoorsiener.

Oorlading van transformeerders vind hoofsaaklik plaas in spits gebruiktye tussen 05:00 en 07:00 sogggens en 17:00 en 19:00 saans.
Eskom sê verder dat ‘n beduidende vermindering in die langdurige kragonderbrekings en onklaar toerusting gesien word in gebiede waar ladingsvermindering in die verlede toegepas is.

Eskom sê daar sal met verbruikers in gebiede wat deur ladingsvermindering geraak word, gekommunikeer word deur die normale kanale insluitend SMS-boodskappe en nuusbriewe.

Daar is tans sowat 2 111 transformeerders in die land wat die risiko loop om beskadig te word weens voortdurende oorlading, en ongeveer 900 transformeerders wat vervang moet word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button