Local newsNews

Laaste kans om te nomineer

Nomineer jou gunsteling ondernemings in Parys sommer nou om ook aan hulle erkenning te gee met hierdie positiewe projek.

Vandag, Donderdag 27 Junie, is die laaste dag wat jy besighede in Parys wat vir jou uitstaan met uitstaande diens, kan nomineer vir die Best of Parys Readers’ Choice toekenning. Met die toekenning gee MooiVaal Media vanjaar vir die eerste keer erkenning aan besighede in Parys wat daardie ekstra myl loop vir kliëntediens.

Daar is heelwat van hierdie besighede wat nie net ‘n deurslaggewende rol speel om werk te skep nie, maar die dorp se ekonomiese wiele aan die rol hou, en jou telkens verras met vriendelikheid, hulpvaardigheid en uitstaande diens en integriteit. Heelwat nominasies is reeds in die onderskeie kategorieë ontvang. Let daarop dat die kompetisie slegs in digitale formaat is, en dat net digitale nominasies aanvaar word.

Sodra nominasies gesluit het, sal lesers aanlyn stem vir die wenners in die onderskeie kategorieë.
Onthou jy mag meer as een onderneming in ‘n kategorie nomineer. Jy kan ook besighede in verskeie kategorieë nomineer.

Of dit koffiewinkels, restaurante, gastehuise, apteke, ‘n kunsgalery, loodgieter of hardewarewinkel, eiendomsagentskap of enige ander private onderneming is. Nomineer jou gunsteling ondernemings in Parys sommer nou om ook aan hulle erkenning te gee met hierdie positiewe projek.

Besoek die aanlyn nominasieblad by https://www.citizen.co.za/parys-gazette/best-of-parys/of skandeer die QR kode wat jou direk na die inskrywingsvorm neem.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button