NewsNews

Wending in moordverhoor: Staat trek saak terug teen sommige

In ’n nuwe wending vandeesweek het die staat Dinsdagmiddag sy klagte van moord teruggetrek teen vier van die 11 beskuldigdes, Fanie Oosthuizen (42), Muller van der Westhuizen (19), Wian van der Westhuizen (20) en Wikus van der Westhuizen (19), wat aangekla is ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa in Januarie vanjaar. Daar is wyd buite die hof bespiegel dat hulle moontlik vir die staat kan getuig.

In ’n  nuwe wending vandeesweek het die staat Dinsdagmiddag sy klagte van moord teruggetrek teen vier van die 11 beskuldigdes, Fanie Oosthuizen (42), Muller van der Westhuizen (19), Wian van der Westhuizen (20) en Wikus van der Westhuizen (19), wat aangekla is ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa in Januarie vanjaar. Daar is wyd buite die hof bespiegel dat hulle moontlik vir die staat kan getuig.
Die klagtes van moord is ook voorwaarde-llik teruggetrek teen Riaan Swart, wagtende uitsluitsel oor die onderhandelings tussen die staat en die verdediging rondom die klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer teen Swart wat verband hou met dieselfde saak. Uitsluitsel hieroor sal eers later gehoor word wanneer hy weer op 9 September voor die hof moet verskyn.
Die oorblywende ses beskuldigdes, Anton Loggenberg (49) en sy seun Cor (18), Boeta van der Westhuizen (51) en sy seun, Loedie Jr (18), Miela Jansen van Vuuren (22) en kapt. Henk Prinsloo (46), sal nou op 18 November in die rondgaande Hoë Hof in Parys verskyn vir die voorverhoor. Al 6 se borgvoorwaardes is verleng en is hulle ook gewaarsku om nie met die staat se getuies direk of indirek in te meng nie. Daar 67 getuies gelys met die aanduiding dat daar meer getuies is.
Die dossier en klagstaat is met Dinsdag se hofverskynling na maande se wag uiteindelik aan die regsverteenwoordigers van die 11 beskuldigdes oorhandig. In die klagstaat word weer daarna verwys dat die oorledenes oënskynlik aan Boeta van der Westhuizen en sy seun, Loedie, bekend was, en dat hulle luidens die klagstaat glo lone wat aan hulle verskuldig was, wou gaan haal het op die noodlottige dag van 6 Januarie 2016. Die oorsaak van dood van die oorledenes word ook aangedui as veelvuldige beserings.
Jubeda en Tjixa se dood het gevolg ná meer as 40 boere op 6 Januarie vanjaar gereageer het toe die 73-jarige Loedie van der Westhuizen, pa van Boeta en oupa van Loedie Jr, die noodknoppie gedruk het ná ’n  aanval op hom op sy plaas.
Die boere het in die lig van waarskuwings van ’n  moontlike plaasaanval in die spesifieke omgewing wat al in Desember 2015 bekend geword het, dadelik gereageer, en is die oorledenes deur van die boere op een van die buurplase in hegtenis geneem.
Die oorledenes is toe glo sodanig beseer dat hul kort nadat hulle in hegtenis geneem is, aan hul beserings in die hospitaal beswyk het.
Die familie van die oorledenes en lede van die EFF het na die voorval beweer dat die oorledenes glo agterstallige lone by Loedie van der Westhuizen wou gaan haal het wat glo deur Boeta aan hulle verskuldig was.
Cor en Riaan is beide matrikulante.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button