Net ’n paaltjie tussen wen en verloor vir Parys Patriots
Parys-krieketklub hou sy algemene jaarvergadering op 23 Augustus om 18:00 by Mona Lisa h/v Van Coller- en Luytstraat. Alle belangstellendes is baie welkom. Krieketoefening vir die nuwe seisoen begin reeds die eerste Dinsdag in September om 17:00 by die Hoërskool Parys se krieketnette. Vir navrae skakel Jaques Aucamp by 083 364 4819. Krieketspelers van Parys het ook Sondag as die Parys Patriots hul 24ste wedstryd in die Last Man Standing (LMS) wêreldwye toernooi gespeel. Die Parys Patriots word geborg deur Parys Total, Jimmy Jaggers en The Nutcracker.
Parys-krieketklub hou sy algemene jaarvergadering op 23 Augustus om 18:00 by Mona Lisa h/v Van Coller- en Luytstraat. Alle belangstellendes is baie welkom.
Krieketoefening vir die nuwe seisoen begin reeds die eerste Dinsdag in September om 17:00 by die Hoërskool Parys se krieketnette. Vir navrae skakel Jaques Aucamp by 083 364 4819.
Krieketspelers van Parys het ook Sondag as die Parys Patriots hul 24ste wedstryd in die Last Man Standing (LMS) wêreldwye toernooi gespeel. Die Parys Patriots word geborg deur Parys Total, Jimmy Jaggers en The Nutcracker.
Met Sondag se wedstryd in die Vaaldriehoek A-liga semi-finaal het Parys die 117de gekeurde Low & Slow gewen om net daarna in die finaal te verloor met 1 paaltjie teen Bomb Squad.
Spanlede van die Parys Patriots is Jaques Aucamp (kaptein), Tyrell Woodruff, Werner Olivier, Pieter Oosthuizen, Hayward Vermeulen, Janus Kleinhans, Johan Ströh, Wege Sieberhagen, Wiehann Sieberhagen, Kazzik Zabielski en George Smith.
Oor 2 weke word daar in die Premier-liga gespeel.