NewsNews

LYK MOOI – VOEL MOOI SIT JOU BESTE VOET VOOR

Ons voete is seker een van die dele van ons liggaam wat die hardste werk. Hul neem ons net waar ons wil wees terwyl hul die meeste van die tyd ingeforseer word in baie mooi, maar baie ongemaklike hoe hak skoene of die teenoorgestelde, warm sokkies en tekkies, veral in hierdie koue wintermaande wat ons tans beleef.

Ons voete is seker een van die dele van ons liggaam wat die hardste werk. Hul neem ons net waar ons wil wees terwyl hul die meeste van die tyd ingeforseer word in baie mooi, maar baie ongemaklike hoe hak skoene of die teenoorgestelde, warm sokkies en tekkies, veral in hierdie koue wintermaande wat ons tans beleef.

 

Met dit gese, dink ek dis tyd dat ons besef ons voete verdien meer respek, in die sin dat hul gerus meer bederf kan word veral na ‘n lang dag van werk of oefen. Die beste van als is dat dit nie eers baie duur hoef te wees nie veral in die moeilike ekonomiese toestande wat ons tans beleef en ons almal elke sent probeer omdraai.

 

Hier is ‘n paar idees wat ons gerus kan probeer om ons voete nuwe lewe te gee en terselftertyd ook die res van die liggaam te laat ontspan:

 

  1. Begin deur al die gedeeltes van die voete wat grof voel te skuur terwyl dit nog droog is, dit maak die hele proses meer effektief.

 

  1. Haal daardie voetspa wat al so lank in die kas le en stof opgaar uit, tap dit vol heerlike warm water en skuimbad en week jou voete vir ongeveer 10 tot 15 minute daarin en voel sommer hoe al die stres uit die res van jou liggaam verdwyn.

 

  1. Neem dan enige afskilferaar (scrub) wat jy beskikbaar het, lyf- en selfs gesigafskilferaar kan net sulke goeie resultate gee. Vryf dit goed in jou voete in terwyl dit nog nat is, dit maak die poriee of die vel oop wat die vel dan meer ontvanklik maak vir die volgende behandelings en produkte wat volg.

 

  1. Spoel jou voete goed af en neem ‘n sagte handdoek om dit droog te maak.

 

  1. Volgende is dit die naels se beurt: knip en vyl die toonnaels netjies en kort en verwyder enige droe velletjies van die naels af.

 

  1. Smeer olie rondom die naelvliese om dit te versag en gesond te laat lyk. Nou volg die lekkerste gedeelte: die massering… enige room in jou kas sal effektief werk, dit hoef nie spesifiek voetroom te wees nie. Smeer dit oral oor die voet in ‘n opwaartse bewegings om op hierdie manier ook limfdreinering toe te pas.

 

  1. Verwyder alle room van die naelgedeelte om so te verseker dat die naellak langer mooi bly.

 

  1. Verf ‘n deurskynende laag naellak aan, dit beskerm die naelplaat en keer dat die naellak die nael verkleur.

 

  1. Laastens dames, verf daardie toonnaels rooi of met een van die helderste kleure waarvan jy hou. Dit sal jou gemoed ook sommer opkikker as jy na ‘n lang dag jou skoene uittrek en vars, helder toonnaels sien.

 

 

Met hierdie wenke glo ek dat nie net jou voete nie maar ook jyself soos ‘n nuwe mens sal voel want soos ons almal weet: die voete is die padkaart van die hele liggaam.

 

Lyk mooi – voel mooi groete tot volgende keer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button