NewsNews

Brendan Peyper is dié naweek hier

Maak seker jy kry betyds jou kaartjie vir Saterdagaand se groot kroningsaand van die 2016 Mnr. en Mej. Hoërskool Parys. Deel van vanjaar se skouspel om 17:30 in die skoolsaal van Hoërskool Parys is sangsensasie Brendan Peyper. Die seremoniemeester is Mnr. Suid-Afrika 2016, Armand du Plessis, terwyl die bekende gesigte van Christel van den Bergh, Arno Greeff, Anel Botha, Dawid Louw, Sean van Noordwyk, ontwerper Werner Dey, Anlia van Rensburg en Nadia Beukes, ook die aand daar sal wees.

Maak seker jy kry betyds jou kaartjie vir Saterdagaand se groot kroningsaand van die 2016 Mnr. en Mej. Hoërskool Parys. Deel van vanjaar se skouspel om 17:30  in die skoolsaal van Hoërskool Parys is sangsensasie Brendan Peyper. Die seremoniemeester is Mnr. Suid-Afrika 2016, Armand du Plessis, terwyl bekende gesigte van die sepie, Getroud met Rugby ook die aand hier sal wees. Dit sluit in Christel van den Bergh, Arno Greeff, Anel Botha, Dawid Louw, Sean van Noordwyk, ontwerper Werner Dey, Anlia van Rensburg en Nadia Beukes.

Die 25 prag finaliste is almal wenners in eie reg en het die afgelope maande deelgeneem aan verskeie projekte waar hulle gewys het dat hulle ware ambassadeurs vir die skool is.

As jy nie reeds jou kaartjie het nie,  skakel die skool by 056 811 3472 of maak ‘n draai by die skool se finansiële kantoor. Gou spring – daar is min kaartjies oor. Kaartjies kos R100.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button