Photo GalleriesSport

Nou’s dit semi-finaal vir o.14’s

Parys het dit gedoen! Die o.14-rugbyspan van Hoërskool Parys is deur na die semi-finaal van die Beeld-trofee vir Middelskole. Dit volg nadat Parys Hoërskool President Saterdag geklop het op Parys se tuisveld. Dit was ’n spannende wedstryd met die telbord wat teen halftyd nog leeg was. Kort voor die eindfluitjie geblaas het, het Parys die bordjies verhang om die voortou te neem en uiteindelik te wen met ’n telling van 10-7. Die span gaan volgende week Zeerust toe vir die semi-finaal. Sterkte manne - Parys hou duim vas.

Parys het dit gedoen! Die o.14-rugbyspan van Hoërskool Parys is deur na die semi-finaal van die Beeld-trofee vir Middelskole.
Dit volg nadat Parys Hoërskool President Saterdag geklop het op Parys se tuisveld. Dit was ’n  spannende wedstryd met die telbord wat teen halftyd nog leeg was. Kort voor die eindfluitjie geblaas het, het Parys die bordjies verhang om die voortou te neem en uiteindelik te wen met ’n  telling van 10-7.  Die span gaan volgende week Zeerust toe vir die semi-finaal. Sterkte manne – Parys hou duim vas.
Parys se eerste span het met hart en siel op die veld gedraf en desondanks verbete pogings en baie harde rugby om punte te kry teen Carletonville, is die wedstryd in Carletonville se guns beslis met 25 punte vir die besoekers teenoor Parys se 15.
Dit was reeds die derde agtereenvolgende jaar dat Parys in die kwarteindstryd om die Beeld-trofee gespeel het, en boonop vanjaar met twee spanne.
Uitstekende prestasie vir beide spanne en die skool se afrigters. Ons is trots op julle!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button