NewsNews

Só word daar gees gevang vir môre se rugbystryd

Hoërskool Parys se eerste rugbyspan en 0.14-span is so gereed as kan kom vir môre se Beeldtrofee kwartfinaal vir Middelskole wat hier op Parys se tuisveld beslis word. Die o.14's speel reeds om 10:00 teen Hoërskool President van Johannesburg, en die eerste span wedstryd is daarna om 11:00 teen Carletonville. As die spanne deurdring sal hulle teen die wenners van Noordwes en Limpopo uitspeel in die halfeindrondtes.

Hoërskool Parys se eerste rugbyspan en 0.14-span is  so gereed as kan kom vir môre se Beeldtrofee kwartfinaal vir Middelskole wat hier op Parys se tuisveld beslis word. Die o.14’s speel reeds om 10:00 teen Hoërskool President van Johannesburg, en die eerste span wedstryd is daarna om 11:00 teen Carletonville.

As die spanne deurdring sal hulle teen die wenners van Noordwes en Limpopo uitspeel in die halfeindrondtes.

Vanjaar is dit reeds die derde agtereenvolgende jaar dat Hoërskool Parys se rugbyspanne hierdie besondere prestasie behaal. En vanaand sal die braaivleisvure hoog brand in afwagting vir môre se groot rugbystryd.

Kom ondersteun ons spelers saam met die 1986 groep wat hul reünie viering ook afskop met ondersteuning vir die seuns langs die rugbyveld.

Related Articles

Back to top button