Local newsNews

Twee weer in hof vir moord van geliefde Parys-kerkman

Die hof het tydens die formele borgtogaansoek van Motale en Mbele gehoor dat beide ‘n lang lys van vorige veroordelings het.

Blonde Motale en Piet Mbele, die twee mans van die Tumahole-woonbuurt wat tereg staan op die moord van die 72-jarige Kenny Browne, sal weer Vrydag, 7 Junie in die Parys-landdroshof verskyn.

Borg is met hul vroeëre hofverskyning in Mei deur landdros Porogo geweier.

Kenny is deur sy moordenaars met ‘n plastieksak versmoor. Hy het met sy lewe geboet vir net sy selfoon en beursie, ‘n gasbottel en sy skootrekenaar.

‘n Gemeentelid van die Metodiste Kerk, Margie Frare, het hom dood in sy huis in Fochstraat gekry, nadat sy die oggend van 3 Maart onraad vermoed het toe hy nie soos gewoonlik daardie Sondagoggend by die kerk was waar hy altyd gehelp het met reëlings vir die erediens.

Kenny se selfoon asook die selfoon van nog ‘n bejaarde vrou van Parys wat ook in haar huis oorval en aangerand is, is in besit van die verdagtes gekry. Die polisie het ook beslag gelê op Kenny se skootrekenaar en elektroniese ware wat oënskynlik deur die verdagtes verkoop is.

Die hof het tydens die formele borgtogaansoek van Motale en Mbele gehoor dat beide ‘n lang lys van vorige veroordelings het.

Motala en Mbele se arrestasie is gemaak deur speurders van Parys, lede van Misdaadvoorkoming en Misdaad Intelligensie na knap speurwerk. Die ondersoekbeampte vir die moord is a.o. Jaco Venter, terwyl sers. Tami Nqai die saak van huisroof ondersoek.

Related Articles

Back to top button