
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het vanmiddag, Saterdag 1 Junie, aangekondig dat die beswaartyd vir politieke partye na die land se provinsiale en nasionale verkiesing op Woensdag 29 Mei, verleng word na vanaand, Saterdag 1 Junie om 18:00.
Tyd vir beswaar het aanvanklik Vrydag 31 Mei om 21:00 gesluit in lyn met die Kieswet wat 48 uur toelaat nadat stemlokale gesluit het.
Meer as 99% van stemuitslae was teen 16:00 vanmiddag getel en bevestig.
In die Vrystaat het slegs 750 000 van die 1,456 miljoen geregistreerde kiesers gestem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


