Local newsNews

Boeliegedrag by kleuters ook ‘n werklikheid

Met Kinderbeskermingsweek word daar vandeesweek opnuut gefokus op die beskerming van ons kinders.

Wanneer ‘n mens dink aan boelies op skool, dink jy gewoonlik aan kinders in die laerskool, en veral die hoĆ«rskool. Dit gebeur egter soms ook dat boeliegedrag selfs in die kleuterskool gesien word. Hoe weet ‘n mens dit is nie net rof speel nie en wanneer word dit as boeliegedrag geklassifiseer? Afrikaans.com het met die vroeĆ« kinderontwikkelingspesialis en eienaar van Oasis Club Learning, Yolandi van den Heever, hieroor gesels.

Die definisie van boelie. Hoe lyk boelie?
Kleuters en peuters speel rof, hulle stamp en skater en lag, en soms bly ander kinders in die slag. Daarom moet ons onderskei tussen die boelie en die rof speel wat deel is van normale groeigedrag van die kleuter.
ā€¢ ‘n Boelie is egter iemand wat iemand anders seermaak.
ā€¢ Hierdie boeliegedrag word oor ‘n tydperk herhaal (teenoor dieselfde persoon).
ā€¢ Daar is ‘n magswanbalans tussen die partye.
ā€¢ Boeliegedrag kan fisies, emosioneel of sosiaal wees.
ā€¢ Emosionele boelies fokus op verbale boeliegedrag (dink aan die tipiese wĆŖ-wĆŖ-wĆŖ-wĆŖ-wĆŖ singdreunkreet).
ā€¢ Sosiale gedrag sluit in die uitsluiting van ‘n kleuter uit speletjies of aktiwiteite.

My kind word geboelie. Hoe nou gemaak?
Ouers moet nooit ‘n kind se klagtes ignoreer of minag nie. Kyk uit vir tekens soos: Jou lewenslustige kind wil nie meer skool toe gaan nie, jou kind wil nie vertel saam met wie hy of sy gespeel het nie, of jou kind soek verskonings om nie deel te neem aan aktiwiteite nie, veral by die skool.

Ouer:
Neem hierdie veranderinge in jou kind ter harte en bespreek dit met die skool en onderwyser. Indien jou kind ‘n slagoffer van boeliegedrag is, kan spelterapie van hulp wees. Luister na jou kind en let op na jou kind se gedrag. Neem aksie sonder skroom! Dis nie wys om self die boelie aan te vat of sommer direk die ouers te nader nie.
Maak vooraf seker wat die kleuterskool se boeliebeleid behels, en hoe die beleid toegepas word.

Wanneer jou kind die boelie sou wees, is dit belangrik om seker te maak dat die gedrag werklik voldoen aan die vereistes van boeliegedrag. Mens moet baie versigtig wees om veral kleuters te etiketteer. Dit is ‘n ouderdom waar kinders impulsief optree en sonder voorbedagte rade of skroom iets doen, sonder om werklik aan die gevolge te dink.
Maak seker dat die kind wat nou optree as die boelie nie self ‘n slagoffer van die gedrag is nie

Indien jou kind wel boeliegedrag toon, kry hulp, vra raad en bou ‘n verhouding met die skool sodat saam oplossings gekry word.

Raadpleeg ‘n kundige
Boeliegedrag kan nie reg geslaan word nie. Die oorsaak van die gedrag moet bepaal word, en ‘n spelterapeut sal hier kan help. Dit is absoluut belangrik om die hele gesin as ‘n geheel te beskou wanneer so iets hanteer word, aangesien die probleem heel dikwels voorkom by kleuters wat self slagoffers is van hierdie gedrag.

Bewusmaking
ā€¢ Bou altyd aan oop en eerlike verhoudings met jou kind. Selfs met jou kleuter en peuter.
ā€¢ Spandeer tyd saam met jou kind. Dis al manier wat jy sal kan agterkom as gedrag verander, of iets fout is.
ā€¢ Bemagtig jou kind om vir hom- of haarself op te staan ā€“ sonder om terug te boelie.
ā€¢ Moenie afknouende gedrag van jou kleuter teenoor jouself toelaat nie. Dis nie oukei as jou kleuterseuntjie jou met die vuis boks nie.
ā€¢ Moenie afknouende gedrag vanaf jou kleuter teenoor diere toelaat nie.
ā€¢ Wees die voorbeeld! Ons kinders doen nie soos ons sĆŖ nie, – hulle doen soos ons doen.

Related Articles

Back to top button