Local newsNews

Koerier-slenter: Baie al so gevang

Moet onder geen omstandighede 'n betaling maak sonder om dubbel seker te maak of dit veilig is nie.

Verskeie Parysenaars het die afgelope week gereageer op ‘n berig wat in Gazette geplaas is oor ‘n koerier-slenter, en blyk dit dat diĆ© internetswendelaars heelwat slagoffers in Parys al met dieselfde slap riem gevang het.

In al die gevalle was die slagoffers pakkies te wagte wat deur ‘n koerier afgelewer sou word.

Die gewetenlose swendelaars gebruik RAM Couriers se naam om ‘n boodskap uit te stuur dat die pakkie op pad is, maar ‘n bybetaling van R16,45 betaal moet word voordat die pakkie afgelewer kan word.

Sodra die geld elektronies oorbetaal is vir die uitstaande bedrag, is die een na die ander transaksie vir heelwat groter bedrae onregmatig uit die slagoffers se rekeninge onttrek.
In die voorval waaroor Gazette verlede week berig het, het die swendelaars geld vir Uber Eats uit die bejaarde se rekening onttrek.

Gelukkig het die bejaarde dadelik besef dat hierdie kuberbedrog is, en blitsig die kaartlimiet op aanlyn-aankope verlaag na R50. Was dit nie daarvoor nie, het die kuberboewe selfs meer geld onttrek, Nog vyf bedrae is deur die bank geweier toe die kuberboewe aanhou probeer het om geld uit die rekening te onttrek, maar weens die verlaagde limiet nie kon slaag nie.

By die bank gekom is die kaart vervang, maar is die slagoffer die geld kwyt.

Die regte koerier het wel later die dag die medikasie waarvoor gewag is, afgelewer, en soos vorige maande, was daar geen bybetaling nie.

Was dit egter nie vir die pakkie waarvoor daar inderdaad gewag is nie, het die bejaarde dalk nooit in die kuberboewe se strik getrap nie.

As jy dink dit kan nie met jou gebeur nie ā€“ vra maar rond hoeveel mense daagliks deur internet swendelaars gevang word.

RAM is nie die enigste koerier diens wie se naam al deur kuberboewe in slenters gebruik is nie. Mense het ook al geld verloor met ‘n slenter waarin die poskantoor te naam gebruik is.
Wanneer jy ‘n boodskap sou kry, maak seker dat dit wel van die koerier maatskappy of diensverskaffer kom deur hulle te skakel, voordat jy op enige skakel ‘klik’ wat vir jou gestuur sou word.

As jy eers die skakel gevolg het wat deur swendelaars met ‘n SMS, e-pos of WhatsApp boodskap gestuur is, is dit reeds tĆ© laat.

Kuberboewe is uitgeslape en ken elke skuiwergat.

Gaan na die maatskappy se amptelike webtuiste om pakkies wat afgelewer moet word na te spoor.

Moenie blindelings jou inligting vir enigeen gee nie. Nog minder ‘n pinkode vir jou kaart of die eenmalige pinnommer wat na jou selfoon gestuur sou word.

Moet onder geen omstandighede ‘n betaling maak sonder om dubbel seker te maak of dit veilig is nie. Moet ook nooit jou rekening- of kaartbesonderhede vir iemand gee nie.

As jy twyfel, gaan eerder na jou bank en vra raad voordat jy ‘n transaksie doen waarvoor jy dalk later duur gaan betaal.

Waarop moet jy let?
* Op pas vir skakels in SMS, WhatsApp of e-pos boodskappe.
* Hou eerder self kontak met jou koerier maatskappy en maak seker of die boodskap wat jy kry eg is, voordat jy reageer daarop.
* Spoor self jou pakkie na op die koerier se webtuiste wat aangedui is toe jy die aankope gedoen het, en vergelyk dit met wat op die boodskap staan wat jy sou kry.
* Moet onder geen omstandighede sommer net geld oorbetaal in ‘n rekening nie.
* Op pas vir webwerwe wat jy nie ken, en kan vertrou nie.
* Pasop vir internet winskopies hetsy op Facebook blaaie of webtuistes.
Doen jou navorsing. Gaan verwysings en telefoonnommers na.
* As iets te goed klink om waar te wees, is dit menigmaal alles behalwe ‘n ‘bargain’.
* As jy enigsins twyfel, moet dit alreeds vir jou ‘n waarskuwing wees, want dit is dikwels die laaste sien van jou swaarverdiende spaargeld.

Related Articles

Back to top button