Local newsNews

Soveel gaan jy meer betaal vir munisipale dienste

Ngwathe se nuwe begroting vinnig 'deurgedruk'

Ngwathe se nuwe begroting is Vrydagoggend, 24 Mei tydens ‘n kort en dringende aanlyn spesiale vergadering sonder effektiewe bespreking goedgekeur.

Opposisieraadslede het na die vergadering gesê die voorstelle begroot vir ‘n tekort “wat ontoelaatbaar en heeltemal strydig met wetgewing is.”

Ten spyte van die besware is die begroting op grond van ‘n tegniese punt ‘deurgedruk’ is gesê. Die vergadering is na minder as ‘n uur verdaag.

Die nuwe begroting tree op 1 Julie in werking. Tariewe styg deurgaans met 4,9%, behalwe die kragtarief wat, onderhewig aan goedkeuring deur NERSA, met 12,7% mag styg. Totale bedryfsuitgawes word begroot om te styg na bykans R1.1 miljard, maar totale bedryfsinkomste sal dit nie dek nie, en ‘n begrotingstekort van ‘n enorme R54 m laat.

Opposisiepartye in die raad sê die begrotingstekort skep probleme soos deurlopende kontanttekorte wat beteken verskaffers word nie betyds betaal nie, wat rentekoste en uiteindelik aankooppryse verhoog.

“Dit bemoeilik natuurlik ook deurlopende instandhouding en herstel van toerusting en aanlegte (sodat dit gedurig breek, wat op sy beurt diensverskaffing belemmer), en laat min oor vir beter en nuwe toerusting,” is gesê.

‘n Groot rede vir Ngwathe se toenemende geldkrisis is die munisipaliteit se lae invorderingskoers. “Ngwathe samel tans tussen 30 – 40% van sy diensteheffings in, terwyl dit 90 – 95% is in goedbestuurde munisipaliteite.

Daar is op die oomblik geen duidelike omkeerplan om die probleem reg te stel nie. ‘n Omvattende finansiële herstelplan is egter al by herhaling in die raad bepleit.

Related Articles

Back to top button