Local newsNews

Jaar van eerstes vir SA-kiesers

Dit waarvoor kiesers met wie Gazette gesels het, die meeste gehoop het, was vir krag, skoon water, minder misdaad en 'n einde aan korrupsie, 'n beter toekoms met werksgeleenthede veral vir die jeug, en beter dienslewering.

Die 2024 Nasionale en Provinsiale verkiesing is in verskeie opsigte ‘n eerste vir Suid-Afrikaners. Nie net is dit as een van die belangrikste, maar ook mededingendste verkiesings sedert 1994 beskou nie, maar is dit ook die 30ste herdenking van demokrasie in Suid-Afrika.

Dit was die eerste keer dat Suid-Afrikaners drie stembriewe in ‘n nasionale verkiesing ontvang het. Boonop is dit ook die eerste keer dat onafhanklike kandidate saam met partye in die wedloop was vir plekke in die Nasionale Vergadering en Provinsiale Wetgewers.

Vanjaar het 69 partye op die nasionale-, provinsiale- en streeks kandidatelyste om die 400 plekke in die Nasionale Vergadering, en die 487 plekke in die provinsiale wetgewers van die land se nege provinsies meegeding.

Op die provinsiale lyste was 65 partye met ‘n totaal van 6 915 kandidadate wat in die wedloop was vir die wetgewers in die onderskeie provinsies. Van dié kandidate is ses onafhanklik wat beteken dat hulle nie aan ‘n politieke partye verbind is nie.

Verskeie stemlokale in Parys het Woensdagoggend, 29 Mei laat geopen, maar het kiesers ten spyte van die vroegoggend winterkoue wat gebyt het aan die voete en vingerpunte, al van voor 07:00 begin toustaan om te kon stem. Vir die meeste was dit ‘n saak van erns – hulle wil verandering sien.

Dit waarvoor kiesers met wie Gazette gesels het, die meeste gehoop het, was vir krag, skoon water, minder misdaad en ‘n einde aan korrupsie, ‘n beter toekoms met werksgeleenthede veral vir die jeug, en beter dienslewering.

Die NG Wes-stemlokaal het soos met vorige verkiesingsjare gesorg vir ‘n gemoedelike atmosfeer met die koffiestalletjie en iets te ete wat verkoop is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button