SportSport
Verteenwoordig SA by Wêreld Spele
Parys spog met ’n paar baie talentvolle karate-studente wat gedurende 2015 en 2016 gekwalifiseer het om Suid-Afrika te verteenwoordig by die World Martial Arts Games. Hulle is deel van die span wat gedurende Oktober aan die Wêreld Spele sal deelneem. Die Spele word vanjaar in Suid-Afrika gehou. Die Parysenaars wat dié prestasie behaal het en deel is van die Sansei Goju-Ryu Karate en Kubudo Organisasie is Henk Small, Caleb Butler, Boela Holtz-Leite en Frikkie Scheepers. In die tweede ry is El-Riëtte Kruger, Megan van Eck, Catha Holtz-Leite Emré Holtz-Leite en Hanshi James Vermaak (afrigter). Heel agter is Shihan Francois Coetsee (afrigter).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!