Oudmatrieks langs die veld vir steun vir rugbyseuns
Die 1986-matriekklas hou op Saterdag, 13 Augustus hul 30 jaar reünie. Die groep sal die Hoërskool Parys se o.14-rugbyspan op die Hoërskool se rugbyvelde ondersteun wanneer hulle om 10:00 in die kwartfinaal van die Beeldtrofee vir middelskole teen die span van Hoërskool President van Johannesburg speel. Daarna sal hulle ook om 11:00 Parys se eerstespan in die kwartfinaal om die Beeld-trofee ondersteun wanneer hulle hier teen Carletonville speel. ’n Hele paar van die oudmatrieks se seuns sal op die veld in aksie wees. Die 1986-matriekgroep sal dan om 16:00 by O’s restaurant bymekaar kom waar daar verder gekuier sal word. Vir navrae oor die reünie skakel Winnie by 083 680 4624 of Sarie by 082 864 7967
Die 1986-matriekklas hou op Saterdag, 13 Augustus hul 30 jaar reünie. Die groep sal die Hoërskool Parys se o.14-rugbyspan op die Hoërskool se rugbyvelde ondersteun wanneer hulle om 10:00 in die kwartfinaal van die Beeldtrofee vir middelskole teen die span van Hoërskool President van Johannesburg speel. Daarna sal hulle ook om 11:00 Parys se eerstespan in die kwartfinaal om die Beeld-trofee ondersteun wanneer hulle hier teen Carletonville speel. ’n Hele paar van die oudmatrieks se seuns sal op die veld in aksie wees.
Die 1986-matriekgroep sal dan om 16:00 by O’s restaurant bymekaar kom waar daar verder gekuier sal word. Vir navrae oor die reünie skakel Winnie by 083 680 4624 of Sarie by 082 864 7967



