AfriForum spreek kommer uit oor OB-kandidate
Die burgerregte-organisasie AfriForum is bekommerd oor drie van die Openbare Beskermer kandidate op die kortlys. In ’n brief aan dr. Makhosi Khoza, voorsitter van die ad hoc-komitee vir die aanstelling van die openbare beskermer, vra AfriForum dat die organisasie toegelaat word om ’n voorlegging aan die komitee in te dien. Die drie kandidate wat ter sprake is, is: Regter Sirajudien Desai, adv. Nonkosi Princess Cetywayo en adv. Willie Hofmeyr.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê die kommer draai om regt. Desai se aktiwiteite as regsadviseur vir uMkhonto we Sizwe gedurende die Motsuenyane-kommissie; adv. Cetywayo se politieke betrekkinge binne en buite die ANC; en adv. Hofmeyr se beweerde betrokkenheid by die omstrede terugtrekking van korrupsie-aanklagte teen pres. Jacob Zuma in 2009.
Alhoewel bekommernisse oor die eersgenoemde twee kandidate reeds deur AfriForum uitgespreek is alvorens die kandidate op die kortlys geplaas is, sê Roets dat die blote betrokkenheid by pres. Zuma se korrupsie-aanklagte genoegsame rede is om bykomende kommer te wek by die komitee aangaande adv. Hofmeyr.