Local newsNews

Pure Pikkewyn-plesier op die rugbyveld en netbalbane

Die kinders het hul harte uit gespeel vandag

Daar is vanoggend met oorgawe op die netbalbane en rugbyveld van die Primêre skool Parys gespeel by die jaarlikse Pikkewynedag waar o.6 tot 0.9 spelers hul vaardighede met die bal kon wys.

Dit het egter nie net oor die wen en verloor gegaan nie. Trouens – vandag het die telling nie saak gemaak nie. Vandag het gegaan oor die kinders en om ‘n liefde vir die sport by die kinders te kweek. Om hulle te leer van goeie sportmangees en die wedstrydreëls.

Naas die kinders se geesdrif, was dit die passie vir die kinders en  die spel waarmee afrigters die jong spelers met eindelose geduld gehelp het om die spel reg te speel, wat uitgestaan het en  ‘n pluimpie verdien vir die sukses van die dag.

Met ses skole wat deelgeneem het aan die dag, was dit  ‘n miernes van bedrywigheid op die sportveld met ouers, oupas en oumas wat daar was om te ondersteun.

Wedstrydtye is aangepas vir die jong spelers met ongeveer 8 minute wat aan ‘n kant gespeel is.  En in elke minuut van die spel is daar uit die hart gespeel

   

 

 

 

Related Articles

Back to top button