Local newsNews

Pienk vermomming – dodelik vir sy prooi, maar uitsonderlik mooi

Bidsprinkane is hoegenaamd nie sprinkane nie maar is verwant aan die kakkerlik al lyk hul glad nie na mekaar nie.

Hierdie uitsonderlike foto’s van ‘n bidsprinkaan, ook bekend as die African Flower Mantis of spiny flower mantis (Pseodocreobotra wahibergii) is deur Annemarie Ferreira deur haar kameralens vasgevang.

Dié bidsprinkaan is eie aan suid- en oos-Afrika en gebruik sy vorm en helder blomkleur om die voorkoms van ‘n blom na te boots, en so sy potensiële prooi nader te lok.

Hulle wissel in kleur en is meestal wit-groen, maar kan ook heeltemal pienk of geel verkleur afhangend van die oppervlak waarop hy sit om die kleur van die blomme na te boots.

Bidsprinkane is hoegenaamd nie sprinkane nie maar is verwant aan die kakkerlik al lyk hul glad nie na mekaar nie.

Hulle het hul naam te danke aan die kenmerkende manier waarop hulle hul voorpote onder hul borsstukke invou. Daar is meer as 2 400 verskillende spesies bidsprinkane.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button