Local newsNews

Bring jou ‘smile’ na dié Selfie House

"Every moment is a memory in making".

“The best memories come from the craziest ideas.”
Of jy nou gefassineer is deur die ‘steampunk’ era van die 1800’s, wil waag met ‘n foto in die ‘Wacky room’, of ‘n ‘blast of color’ nodig het vir jou Facebook, Instagram of Tik Tok profiel. Hier’s net wat jy nodig het! By die Selfie House in Parys wag ure se pret vir jou met meer as 30 verskillende tema-dekor foto agtergrond-idees waar jy kan mal gaan met ‘selfies’ wat jou sal herinner aan ‘n besoek aan dié karaktervolle Vrystaatse dorpie.

Vergeet ‘n oomblik van die ‘worries’ en werk wat wag. Maak los jou hare, sit op jou smile en laat waai met die selfies en ons’ies’ by die Crazy Swirl, ‘n ‘China Town image’ of ‘n foto spieëlbeeld.

Hier’s iets vir almal – vriende, familie, werkskollegas, ‘n lekker spanbou, inhoudskeppers (content creators), of die smaakmakers (influencers), want jy’s nooit te oud vir ‘n foto, of ‘n glimlag nie.

Selfie-museums word regoor die wêreld en in Suid-Afrika gesien in ‘n era waar mense graag herinneringe op ‘n selfoon vasvang, gesels eienaar Vicky Croukamp.

Nou hoef jy nie tot in Harties of in Durban te ry om die selfie-belewenis te kry nie.

Parys se eie Selfie House is oop Vrydae en Saterdag 09:00-17:00, en Sondae 09:00-16:00. Vir slegs R100 vir volwassenes, R60 vir kinders o.12 of R70 per persoon vir groepe van meer as ses, kan jy jou lagspiere aan die werk kry en spog met die mooiste selfie foto-herinneringe wat geen geld kan koop nie, want jy besef eers die waarde van ‘n oomblik wanneer dit ‘n herinnering word.

“Every moment is a memory in making”.
Sien jou by Parys se Selfie House op die draai skuins oorkant EnStyle in Breëstraat.

(Die plasing van hierdie berig is deur die adverteerder betaal).

Related Articles

Back to top button