Local newsNewsSport

‘Beast’ help nou met skrumoefening

Die skrummasjien is gebou deur twee van die rugbyseuns se pa’s, Hannes Stemmet en Lourens van Riet.

Met ‘Beast’ op die rugbyveld word daar nou geskrum vir ‘n vale op die Primêre Skool Parys se rugbyvelde.

Die splinternuwe skrummasjien is deur die skool se eerste rugbyspan vir die skool geskenk danksy ‘n borgskap van Du Toit Kontrakteurs.

Die skrummasjien is gebou deur twee van die rugbyseuns se pa’s, Hannes Stemmet en Lourens van Riet.

Beast, soos die skrummasjien gedoop is, vervang die ou skrummasjien wat vir
meer as 22 jaar deur die skool gebruik is.

Die eerste rugbyspan seuns is WC Stemmet, Wian Pretorius, Zuan van Riet,
Janroux Croucamp, Lohan Viljoen, Logan Butler, Lethabo de Wet, Stefan
Erasmus, Zuhan Siecker, Hannes Combrinck, Ethan Benson, Janco
Swartz, Joe de Swardt, Willie Barnard, Ashton Kleynhans, LJ Groenewald, Daniël;
van Dyk, JR Esteruizen, Hanno Rust, Gerrit Prinsloo, PC Steyn,
Devron Nguni en Rujan van den Berg.

Hulle word afgerig deur mnr. Jaco Marais.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button