NewsNews

Kultuurkamer – die biblioteek met ’n verskil

Vir meeste Parysenaars was Lucia Gericke sinoniem met die Boek Boutique. Nou het Lucia haar liefde vir boeke en kennis van die fynere dinge in die lewe selfs nog verder geneem met die opening van die Kultuurkamer in die Klipspruit Mall in Waterstraat (dieselfde gebou as waar die Gazette se kantore is).

Benewens die privaat biblioteek wat ’n  groot aanwins vir die dorp is, sal die Kultuurkamer heelwat meer bied.
Nuwe of tweedehandse boeke word nou ook hier te koop aangebied, asook flieks wat gewys word – Vrydae vanaf 10:00 en Saterdae vanaf 12:00 – heeltemal gratis. Hou gerus die sosiale media dop. Kom kuier, lees, fliek en geniet ’n heerlike koppie koffie/tee en iets te ete. Daar is ’n selfhelp buffet met eet- en drinkgoed teen billike pryse.
Groepe is ook welkom. Van leeskring groepe tot klasse en werkswinkels, en selfs klein funksies kan hier aangebied word.
Beleef ook optredes en vertonings soos musiek, vertellings, boekbekendstellings en voordragte wat van tyd tot tyd hier aangebied  sal word. Die Kultuurkamer is oop op Woensdae en Donderdae van 09:00-17:00, Saterdae van 09:00-11:00 en fliektyd Vrydae van 10:00-13:00 en Saterdae van 12:00-14:00.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button