NewsNews

Mense staan tou om ‘n verskil te maak

Ten spyte van die onplesierige wind het Parysenaars vroeg vanoggend reeds die winterkoue trotseer om te stem in die landwye munisipale verkiesing. By die meeste stemlokale wat Gazette besoek het, was daar deurentyd beweging. By die Parys-biblioteek het daar teen net voor 11 uur vanoggend reeds 280 mense gestem in die biblioteek self, en net oor die 90 by die substasie by die biblioteek. Ook by die NG Wes-gemeente het gemiddeld 100 mense per uur gestem, met net oor die 500 mense wat teen 11:40 al gestem het. Die Rotary-saal en Hospitaal was effens stiller.

Die Vrystaatse premier, mnr. Ace Magashule het net voor 11:00 sy stem by die Mosepidi saal uitgebring. Hoewel dit by dié saal ook vroeg bedrywig was, was dit doodstil teen 12:00. In Tumahole is daar 15 stempunte in totaal waar die stemproses glad verloop het met veral die Sisulu woonbuurt se stempunte wat baie besig was.

In die dorp het mense gekla oor die probleme wat gestremdes ervaar het met toegang by die substasie by die Biblioteek asook ‘n skandeerder wat nie gewerk het nie.

Mense met wie Gazette gepraat het by die stemlokale was almal positief oor die stemproses en het gevoel dat jy tog nog ‘n verskil met jou stem kan maak. “As jy nie stem nie, kan jy nie kla nie en is jy ‘n draadsitter”, is gesê.

Die grootste probleme wat mense uitgesonder het wat hul hoop reggestel sal word met ‘n stem vir die regte party, was die toestand van paaie in die dorp, die knaende waterprobleme, straatligte wat nie werk nie, meer doeltreffende munisipale bestuur en die vasvat van korrupsie binne munisipaliteite.

Terwyl dit vir baie ‘n welkome rusdag was,was meeste besigheid oop vir besigheid. Daar was selfs diegene wat die geleentheid gebruik het om ‘n geldjie te maak uit stemdag met pannekoek, koffie, tee, kerrie-en-rys en toebroodjies wat by van die stemlokale verkoop is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button