Local newsNewsSport

Jong gimnaste van Parys Primêr gekies vir Mauritius-kragmeting

Baie geluk aan hierdie leerders

Drie leerders van Parys Primêre skool het die eer te beurt geval om gekies te word om hul land by ‘n internasionale tuimelgimnastiek-kompetisie te verteenwoordig wat van 8-12 Augustus in Mauritius gehou word.

Emile Kotze, Nicola Kotze, Emma Walsh en Jaydan Brazao het Saterdag 13 April aan die Mauritius-proewe deelgeneem, en het Emile, Emma en Jaydan gekwalifiseer om SAA (SA Aerialnastix) te gaan verteenwoordig by die internasionale kragmeting.

Hulle sal ook federasie kleure in tuimelgimnastiek ontvang.

Om hul deelname aan die kompetisie moontlik te maak het elkeen van die gimnaste ‘n donasiebrief ontvang sodat mense dié jong gimnaste kan ondersteun om hul droom om aan die kompetisie deel te neem, te bewaarheid. Borge wat ‘n bydrae wil maak is welkom om hul afrigter, Annemi Beukes, te skakel by 082 302 8200 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button