Dié deel van Venusstraat se ligte brand ook nou
Dankie aan Ngwathe se elektriese afdeling wat vanoggend nog twee van die straatligte in dié straat herstel het.

Straatligte in die gedeelte van Venusstraat tussen Philip- en Waterstraat brand weer. Petrus Motsumi en Bushi Bosman van die Ngwathe munisipaliteit se tegniese afdeling was vanoggend net voor 10:00 daar om twee van die straatligte wat nie gebrand het nie, reg te maak.

Hoewel hulle reeds op 9 April aan die vyf straatligte in dié gedeelte van die straat gewerk het, was twee van die straatligte daarna steeds dood.
Inwoners was juis bekommerd oor die straatligte weens die toename in misdaad hier en was daar vandag groot dankbaarheid toe ook die ligte uiteindelik kon brand.


Daar sal ook aan ander straatligte in die dorp gewerk word, en sal die span eers na straatligte in die hoofstraat kyk voordat na ander strate beweeg word, is gesê.



