Local newsNews

Kort beentjies tree aan by die wegspring

Die dag was 'n groot sukses en puik georganiseer

Die jaarlikse kleuter atletiekdag het Vrydag 11 April vir groot pret en plesier vir die kleingoed gesorg toe hulle hul slag op Parys Primêre skool se atletiekveld gewys het. (Foto’s met erkenning aan Ferdie Jordaan)

Talle entoesiastiese ouers het hulle luidkeels aangemoedig, en met ope arms vir die kleutertjies gewag om die laaste treë tot by die eindstreep te gee.

Die dag is met groot sukses deur Sonneblom Kleuters aangebied. Besige Bytjies, Blikoortjies, Bumble Tots, Elsali, Kiewiet, Noag se Arkie en Sonneblom Kleuters het aan die kleurvolle dag deelgeneem wat ‘n groot sukses was. Ferdie Jordaan gee met sy foto’s ‘n kykie van die atletiekpret wat die dag gesien is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button