Local newsNews
Kort beentjies tree aan by die wegspring
Die dag was 'n groot sukses en puik georganiseer
Die jaarlikse kleuter atletiekdag het Vrydag 11 April vir groot pret en plesier vir die kleingoed gesorg toe hulle hul slag op Parys Primêre skool se atletiekveld gewys het. (Foto’s met erkenning aan Ferdie Jordaan)
Talle entoesiastiese ouers het hulle luidkeels aangemoedig, en met ope arms vir die kleutertjies gewag om die laaste treë tot by die eindstreep te gee.
Die dag is met groot sukses deur Sonneblom Kleuters aangebied. Besige Bytjies, Blikoortjies, Bumble Tots, Elsali, Kiewiet, Noag se Arkie en Sonneblom Kleuters het aan die kleurvolle dag deelgeneem wat ‘n groot sukses was. Ferdie Jordaan gee met sy foto’s ‘n kykie van die atletiekpret wat die dag gesien is.
You can read the full story on our App. Download it here.