Local newsNews

Staan stil en luister net

Soms is dit wat mense die nodigste het.

Om uit jou pad te gaan om ander te help. Dit is wat welwillendheid is.
Hoe doen jy dit? Staan stil by mense. Om stil te staan verander mense se harte.
Luister na mense en moenie jou eie gevolgtrekkings maak nie. Bied vir mekaar wat hulle nie self kan doen nie.

Wees vriendelik en wees daar vir ander. Soms is dit wat mense die nodigste het. Stilstaan en luister.

Met die treffende woorde het ds. Juan de Beer met lede van die Vroue Landbou Unie oor welwillendheid gesels tydens hul maandelikse byeenkoms.
Die VLU-vroue kom weer op 7 Mei bymekaar. Jy hoef nie lid van die VLU te wees om die maandelikse byeenkomste by te woon nie.

By elke byeenkoms word daar gesels oor ‘n interessante tema en kan jy allerlei wenke en idees kry wat jou dalk net sal aanspoor om ‘n nuwe stokperdjie of projek te begin.

As jy meer wil weet oor die VLU of die byeenkoms wil bywoon, skakel gerus vir Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of Bernadet van der Ende by 082 474 0304.
Met die seisoens-veranderinge kan jy ook gerus die handige VLU-wenk onthou om jou te help om kaste maklik uit te sorteer.

Hang al die hangers se hakke na die een kant toe. Sodra jy ‘n kledingstuk terughang, draai die hanger van die klere wat jy nie die seisoen gedra het, se hak om na die teenoorgestelde kant.

So weet jy maklik wat om uit te haal wat jy nie dra nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button