NewsNews

SAJWV tak kom vir Parys

Goeie nuus vir bestaande en voornemende lede van die Suid-Afrikaanse Jagters & Wildbewaringsvereniging (SAJWV) is dat lede op die laatste teen Januarie/Februarie 2017 ’n volwaardige tak van dié vereniging in hul eie dorp kan hê.

Goeie nuus vir bestaande en voornemende lede van die Suid-Afrikaanse Jagters & Wildbewaringsvereniging (SAJWV) is dat lede op die laatste teen Januarie/Februarie 2017 ’n volwaardige tak van dié vereniging in hul eie dorp kan hê.
Vir SAJWV lede en persone met toegewyde status sal dit beteken dat dit in die toekoms dus maklik en gerieflik naby aan die huis sal wees om jou status en lidmaatskap vereistes na te kom.
Tot nou was die naaste SAJWV takke waarby Parysenaars kon inskakel in die Vaaldriehoek, Potchefstroom en Kroonstad.
Die takstigtingsvergadering vir die beplande Parys SAJWV-tak is op 21 Junie gehou, met meer as 140 mense wat die vergadering bygewoon het. ’n  Bestuursvergadering is daarna op 21 Julie gehou. Die bestuur wat gekies is, is Jan Lubbe (voorsitter), Johan Cromhout (ondervoorsitter/opleiding), Hendrik Steenkamp (sekretaris/tesourier), Henk Havenga (kommunikasiebeampte) en Geo Oliver en Cobus Pienaar (skietkoördineerders).
Die SAJWV is ’n  vereniging wat onder meer daarop fokus om wild- en natuurbewaring aan te moedig en toe te sien dat daar billike en toepaslike wetgewing is ten opsigte van die besit en gebruik van vuurwapens deur jagters en sportskuts. Dan word jag en skietgeleenthede ook bevorder en georganiseer en ’n omgewing geskep wat aan lede die geleentheid bied om sosiale aktiwiteite te kan beoefen wat verband hou met jag, sportskiet en bewaring.
Een van die grootste voordele vir lede van SAJWV is die R20 miljoen publieke aanspreeklikheid dekking vir skiet en jagverwante voordele.
Hierbenewens is daar ook verskeie ander voordele. Daar is tans meer as 74 SAJWV takke met meer as 38 000 lede. Lede kan by enige tak van hul keuse inskakel.
Die eerste plaaslike skietdag van SAJWV in Parys word reeds vir 10 September beplan en sal ’n geldige skietbyeenkoms wees vir SAJWV-lede wat ook tel as jou jaarlikse bywoning.
Dit sal gehou word op die ou Kommando-skietbaan by die Parys-vliegveld. Inskrywings kan vanaf 07:00 gedoen word en die koste is R100 per persoon.
Lede sowel as nie-lede en juniors is welkom.
Enigeen wat navrae het oor SAJWV en die beplande takstigting is welkom om Jan Lubbe te skakel by 082 4211 122 of stuur e-pos na janlubbe@repmetco.co.za

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button