
Moedersdag word vanjaar op Sondag 12 Mei gevier – ‘n dag waarop ons hulde bring aan die geliefde vrou wat aan ons geboorte gegee het, of aan ‘n ander spesiale vrou, ouma of tannie wat ‘n groot rol in jou kinderlewe gespeel het.
Parys Gazette gee geleentheid aan ons lesers om ons meer te vertel van hul ma’s of moederfigure. Volg die skakel https://www.citizen.co.za/ parys-gazette/mothers-day/ waar jy ‘n foto van jou ma of spesiale vrou kan oplaai, en ‘n boodskap kan laat aan die vrou wat jou help vorm het tot wie jy vandag is.
Inskrywings sluit op 9 Mei en die webwerf met boodskappe sal die oggend van 12 Mei oopgemaak en gelees kan word.
Hou Parys Gazette se Facebookblad dop en neem deel aan hierdie warmhart-projek vir spesiale vroue.



