Local newsNews

Stuur ‘n boodskap vir ‘n spesiale vrou

So kan jy haar dag spesiaal maak

Moedersdag word vanjaar op Sondag 12 Mei gevier – ‘n dag waarop ons hulde bring aan die geliefde vrou wat aan ons geboorte gegee het, of aan ‘n ander spesiale vrou, ouma of tannie wat ‘n groot rol in jou kinderlewe gespeel het.

Parys Gazette gee geleentheid aan ons lesers om ons meer te vertel van hul ma’s of moederfigure. Volg die skakel  https://www.citizen.co.za/ parys-gazette/mothers-day/ waar jy ‘n foto van jou ma of spesiale vrou kan oplaai, en ‘n boodskap kan laat aan die vrou wat jou help vorm het tot wie jy vandag is.

Inskrywings sluit op 9 Mei en die webwerf met boodskappe sal die oggend van 12 Mei oopgemaak en gelees kan word.

Hou Parys Gazette se Facebookblad dop en neem deel aan hierdie warmhart-projek vir spesiale vroue.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button