Local newsNews

Verdagte sterf, omstander gewond in skietery na OTM-roof

Die verdagtes is te voet weg met die geld wat hulle gevat het.

Een verdagte is noodlottig gewond en die polisie soek na minstens nog twaalf swaar gewapende mans wat betrokke was by ‘n voorval vanoggend (Maandag 15 April) waarin ‘n OTM in die Tumahole-woonbuurt met springstof geskiet is.
Lede van die Tumahole polisiestasie het hulle na die h/v Koloane en Tumahole strate gehaas nadat hulle die oproep om 02:00 vanoggend ontvang het.
Volgens polisiewoordvoerder sers. Mahlomola Kareli, het die verdagtes met die polisie se aankoms op die toneel, met geweervuur op die polisielede losgebrand.
In die oor-en-weer skietery wat gevolg het, is ‘n verdagte van sowat 28 jaar oud, noodlottig gewond.
Die verdagtes het ook verskeie skote op ‘n sekuriteitsvoertuig geskiet wat na die toneel langs die Boitjhorisong Supermark gestuur was nadat die maatskappy se beheerkamer ‘n alarm ontvang het.
Sers. Kareli het ook bevestig dat ‘n omstander tydens die skietery in die voet gewond is.
Die verdagtes is te voet weg met die geld wat hulle gevat het.
Klagtes van poging tot moord en moord is by die Tumahole-polisiestasie geopen, is gesĂȘ.
Die publiek is gevra om enige inligting oor die verdagtes deur te gee aan die ondersoekbeampte van die Provinsiale Georganiseerde Misdaadeenheid, speur-sers Malefane Motloung by 073 380 4603, of skakel 09600 10111.
Anonieme wenke wat die polisie kan help met hul ondersoek kan ook op die MySaps-toepassing deurgegee word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button