Polisie soek na man wat moontlik deur vloedwater meegesleur is
Publiek se hulp gevra

Die polisie in Kroonstad het die hulp van die publiek gevra in hul soektog na die 50-jarige mnr. Jan Motsamai van Kroonstad.
Volgens sy vrou is mnr. Motsamai Saterdagmiddag 7 April om 12:45 weg by die huis en was hy op pad na Maokeng. maar het nooit teruggekeer huis toe nie.
Inligting wat ontvang is en die voorlopige ondersoek dui daarop dat mnr Motsamai moontlik in die vloedwater kon verdrink het nadat swaar reën verlede week oor Kroonstad uitgesak het.
Die polisie se duikeenheid van Welkom se soektog was tot dusver tevergeefs. sê sers. Josephine Rani.
Enigeen wat inligting het wat die polisie kan help in hul soektog is gevra om lt-col Mabuti Moremoholo te skakel by 082 372 1436



